Woord van die week – 28 Maart 2017

karmenaadjie s.nw. Stukkie vleis wat spesiaal uitgesoek word om op die rooster of kole te braai. Stukkie vleis, gewoonlik met wors en spek daarby, wat iemand wat bees of vark geslag het aan sy bure of vriende stuur. Uit Ndl. karmenaadje, geselstaalvorm van karbonade (1573), uit Frans carbonnade “vleis wat oor kole gebraai is”. Elke […]

Woord van die week – 27 Maart 2017

pilaarbyter s.nw., pilaarbyters; pilaarbytertjie. (geselstaal; skertsend) Huigelaar: Ek is nie een van die ou preutse pilaarbyters wat sommerso sal kom sanik oor wat behoorlik en wat nie behoorlik is nie (W.A. de Klerk: La Roche, s.j., 48). opligter s.nw., opligters. Bedrieër: Bonnot, die berugte opligter en rower, is  doodgeskiet in die huis waarin hij en […]

Woord van die week – 14 Maart 2017

kief b.nw. (sleng, veral skooltaal) Goed, aangenaam, lekker, of wonderlik, fantasties. Uit S.A.Eng. kif uit Eng. sleng van die boewewêreld kif, kef ‘dagga’ uit Eng. (in Marokko en Algerië) kief, keef ‘dagga of enigiets anders wat gerook word om ‘n toestand van euforie te bewerkstellig’ uit Arabies kaif (streektaal kef) ‘toestand van ‘n goeie humeur […]

Woord van die week – 27 Februarie 2017

nou bietjie dag of bietjie dag  of bietjiedag (streektaal) Kort gelede of ‘n ruk gelede: Ons het nou bietjie dag die radio laat regmaak (Malmesbury). Ek was bietjiedag Kaap toe gewees (Hopefield). (Veral opgeteken in die Swartland en aan die Weskus). voor dag en dou  Voor dagbreek, douvoordag, baie vroeg in die more: Voor dag en […]