Binnekort beskikbaar: Kruispaaie en die wil om te oorleef

Die Afrikaner het sedert sy ontstaan voor verskeie keuses te staan gekom wat nie net die geskiedenis in ’n sekere rigting gelei het nie, maar ook dié groep se wil vir oorlewing sou beklemtoon. ʼn Nuwe boek getiteld Kruispaaie uit die pen van die bekende joernalis en geskiedkundige, dr. Leopold Scholtz, verskyn binnekort by Kraal […]

Boekedag 2016: Lees, lees, lieflike lees!

Boeke, boeke en nogmaals boeke – dit is wat op ieder en elk wag wat Boekedag 2016 op 20 Februarie gaan bywoon. Boekliefhebbers kan daarom solank hul vere regskud vir ’n fees van boeke, skrywers en selfs boekvoorlesings vir die kleinspan. Dié geleentheid word vanjaar vir die eerste keer op die Diamantvallei-landgoed, oos van Pretoria […]

Kraal Uitgewers Boekgesprek: “Wat verklap jou geliefde se gesig?” met Marthie Maré

Kraal Uitgewers se eerste amptelike Boekgesprek is om die draai en Kraal-vriende word uitgenooi om ’n unieke Valentynsdag-skemerkelkie in die geselskap van gesigsontleder en skrywer Marthie Maré by te woon. Maré is ʼn kenner op die gebied van fisionomie, ʼn studie waarin die karaktereienskappe van die menslike gesig ontleed word. Hierdeur word onthul hoe jou […]

Afrikaans LEWE! – Meer as 100 boodskappe van jongmense getuig van liefde vir die taal

Terwyl doemprofete meen dat die voortbestaan van Afrikaans aan ’n draadjie hang, het meer as 100 jongmense in video- en stemboodskappe hul liefde vir Afrikaans betuig en daardeur die teendeel bewys. Dié boodskappe is ingesamel deur Kraal Uitgewers, die uitgewersmaatskappy van die Solidariteit Beweging, as deel van die eeufeesviering van Afrikaans as skooltaal (wat in […]