Nuut by Kraal Uitgewers: Kill the Boer

Kill the Boer: Government complicity in South Africa’s brutal farm murders deur Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, is nou beskikbaar by Kraal Uitgewers (teen R300).

In dié opspraakwekkende publikasie ondersoek Roets onder meer die unieke karakter van plaasaanvalle en werp lig op moontlike aandadigheid van die Suid-Afrikaanse regering, die regerende ANC en selfs die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD).

Die volgende bekendstellingsgeleentheid vir die boek vind plaas op 19 Julie by Kleinkaap Boutique Hotel in Centurion. Klik hier vir meer inligting of om jou plek by die bekendstelling te bespreek.

Klik hier om die boek by Kraal se e-winkel te koop.