Nuwe boek uit die pen van gesoute historikus en joernalis bekendgestel

nuwe-boek-uit-die-pen-van-gesoute-historikus-en-joernalis-bekendgestel
Leopold Scholtz tydens die bekendstelling van sy boek Kruispaaie. Foto: Reint Dykema

Die nuutste boek uit die pen van die gesoute historikus en joernalis dr. Leopold Scholtz is pas in Pretoria bekendgestel. Kruispaaie: Afrikanerkeuses van die 19de en 20ste eeu plaas die grootste besluite wat die

Die boek is op 14 April tydens ʼn paneelgesprek by die Erfenisstigting bekendgestel. Verskeie prominente meningsvormers het aan die gesprek deelgeneem en dié keuses uit die verlede onder die loep geneem. Die geskiedkundige Fransjohan Pretorius, Flip Buys (voorsitter van die Solidariteit Beweging), Barnard Beukman (redakteur van die dagblad Beeld) en skrywer-historikus dr. Leopold Scholtz het aan die gesprek deelgeneem terwyl Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, as gesprekleier opgetree het.

Deur hierdie merkwaardige publikasie oor die Afrikaner se verlede, sal die hedendaagse Afrikaner uitsonderlike perspektief oor verskeie rigtinggewende besluite vind. Hierdie besluite het nie net die verloop van die geskiedenis vir die Afrikaner as gemeenskap in ʼn sekere rigting gestuur nie, maar ook die geskiedenis van Suid-Afrika in geheel onherroeplik verander.

Die Afrikaner se keuse om tot stand te kom en om enduit te veg in die uitmergelende en verwoestende Anglo-Boereoorlog is van die eerste keuses wat in Kruispaaie ondersoek word. Scholtz beklemtoon dat hierdie pertinente besluit om tot die bittereinde te veg weliswaar ʼn bepalende rol in die oorlewing van die Afrikaner gespeel het en Afrikaners met ʼn trots gevul het wat jare later nog gevoel is – ʼn trots waarsonder die Afrikaner waarskynlik andersins sou wegkwyn.

Latere keuses soos die instelling van apartheid, die radikalisering van Afrikanernasionalisme en ook die uiteindelike keuse vir hervorming skets ʼn noodsaaklike prentjie van omstandighede, keuses en gevolge uit hierdie tydperk in die Afrikaner se geskiedenis.

Hoewel Kruispaaie nie poog om partydig te staan teenoor besluite wat deur die dekades geneem is nie, bied dit ʼn waardevolle ontleding van die geskiedenis wat die Afrikaner van vandag ʼn beter begrip van dié besluite sal gee. Kruispaaie is ʼn bondige publikasie wat die grootste keerpunte in die Afrikaner se geskiedenis ondersoek en selfs brandende vrae oor die Afrikaner se toekoms prontuit stel.

Kruispaaie: Afrikanerkeuses in die 19de en 20ste eeu is beskikbaar by Kraal Uitgewers teen R220 (R40-posgeld uitgesluit). Besoek www.kraaluitgewers.co.za of skakel 012 644 4329 om dié boek te bestel. Klik hier om jou bestelling te plaas.

Kraal Uitgewers sal vanaf 15 Desember 2017 tot 8 Januarie 2018 gesluit wees. Dismiss

AfriVriendelik-opleiding

You have Successfully Subscribed!