Ons eiesoortige natuurskoon, die Groot Vyf, die Klein Vyf en vele meer is ons waardevolle natuurerfenis

TIEN DAE VAN ERFENIS – DAG 6 : 20 SEPTEMBER

Ons eiesoortige natuurskoon, die Groot Vyf, die Klein Vyf en vele meer is ons waardevolle natuurerfenis.

Drie feestelike feite oor ons natuur

  • Die sogenaamde Klein Vyf se name herinner aan die name van die Groot Vyf (olifant, buffel, luiperd, leeu en renoster). Die Klein Vyf is die olifantmuis, buffelwewer, bergskilpad, mierleeu en renosterkewer.
  • Die diere wat as deel van die Groot Vyf geag word, is gekies vir die feit dat hulle in die verlede as die gevaarlikste vir jag in Afrika beskou is. Aangesien jagters juis hierdie diere wou jag, was trofees daarvan ook uiters gesog.
  • Daar bestaan verskeie ranglyste vir die grootste bome in Suid-Afrika (elk met verskillende maatstawwe vir hul ranglyste). Volgens die webblad monumentaltrees.com word die Glencoe-kremetart in Hoedspruit as die grootste enkelstamboom in die land geag. Dit het ’n deursnit van nagenoeg 15 meter. Die Koning Edward VII-geelhout in Diepwalle buite Knysna staan bankvas in sy tweede plek op dié ranglys met ’n stamdeursnit van 7 meter. Volgens die departement van landbou, bosbou en visserye se lys van boomkampioene is die sogenaamde Sagole-kremetart in Limpopo die grootste inheemse boom in die land en spog met ’n deursnit van 10,8 meter, ’n hoogte van 20,5 meter en ’n kroondeursnit van sowat 40 meter. 

Vier ons natuurerfenis by Kraal Uitgewers

Ontdek die Krugerwildtuin soos jy dit nog nooit ervaar het nie – deur die oë van die natuurliefhebber André Christof en sy vrou Kate. Klik hier vir meer inligting oor Christof se Op vlerke in die Krugerwildtuin en Op vlerke: Roep van die visarend, twee uitsonderlike publikasies waarin die skrywer se reisverhale met fyn aanvoeling opgeteken is. Maak kennis met bobbejaanstreke langs die Vurhamirivier, ’n leeuromanse, buffels in Onder-Sabie, suikerbekkies in die Mopanikamp en vele meer.

 

Kraal Uitgewers sal vanaf 15 Desember 2017 tot 8 Januarie 2018 gesluit wees. Dismiss

AfriVriendelik-opleiding

You have Successfully Subscribed!