Ontdek die historiese erfenis van ons monumente en slagvelde

TIEN DAE VAN ERFENIS – DAG 7 : 21 SEPTEMBER

Die oorloë en slagvelde van die verlede vertel van ons voorouers se opofferings, moed en durf. Ontdek die historiese erfenis van ons monumente en slagvelde.

Drie vurige feite oor ons oorloë en veldslae

  • Die bekende Long Tom-kanonne wat deur die Boere tydens die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) gebruik is, het (indien dit reg geposisioneer was) ’n trefafstand van nagenoeg 9 km gehad. Die koeëls het ’n reusagtige 42,6 kg geweeg en dié bielie van ’n kanon se loop alleen het sowat 2,5 ton geweeg.
  • Hoewel die veldslae van die Anglo-Boereoorlog merendeels in die ZAR en OVS geveg is of net buite die grense daarvan, was daar ook ’n veldslag in dié oorlog nie te ver buite Kaapstad nie. Die Kraalbospan-geveg, waar die Boere onder leiding van generaal Manie Maritz opgetree het, het op 12 November 1901 net buite Darling in die Wes-Kaap plaasgevind. Dit word as die mees suidelike geveg van die oorlog beskou.
  • Daar word gereken dat 4 147 Boere en buitelandse vrywilligers wat hulle aan die kant van die Boeremagte geskaar het, in gevegte gedurende die Anglo-Boereoorlog oorlede is. ’n Verdere 2 042 het as gevangenes gesterf. Dit bring die totale sterftes aan Boerekant op 6 189 te staan. Daarteenoor is die sterftes aan die kant van Brittanje en alle ander imperiale magte op 22 450 gereken. ’n Totaal van nagenoeg 58 000 Boere het gedurende die oorlog die wapen teen Brittanje opgeneem, terwyl meer as 448 000 Britse soldate ingespan is om teen die Boere te veg. 

Vier ons historiese erfenis by Kraal Uitgewers

Die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein gedenk die meer as 28 000 Boerevroue en -kinders wat tydens die Anglo-Boereoorlog in Britse konsentrasiekampe gesterf het. In die boek Die Nasionale Vrouemonument: Honderdjarige herdenking ondersoek die skrywer Marthinus van Bart onder meer die simboliek van hierdie monumentale gedenkteken en watter betekenis dit vir die moderne Suid-Afrikaner het, veral vanuit die perspektief van die maatskaplike veranderings wat oor die afgelope eeu in Suid-Afrika ’n werklikheid geword het.

 

 

Kraal Uitgewers sal vanaf 15 Desember 2017 tot 8 Januarie 2018 gesluit wees. Dismiss

AfriVriendelik-opleiding

You have Successfully Subscribed!