In die derde huldigingsbundel ter ere van Hertzogpryswenners val die fokus op die werk van die meesterlike Pieter Fourie. Pieter Fourie: Teatermaker bring hulde aan ’n uiters veelsydige man wat as dramaturg, regisseur, akteur, vervaardiger, toneelbestuurder en digter beskou word as een van die grootste teatermakers nóg in Afrikaans.
Pieter Fourie is nie net die stigter van die KKNK nie, maar hy het ook die regie van nagenoeg 60 dramas behartig. Hy is in 2003 bekroon met die Hertzogprys vir prestasie in die drama. Ander toekennings wat reeds aan Fourie gemaak is, sluit in die Afrikaans Onbeperk-prys in 2010, die Fleur du Cap-toekenning sowel as ’n KykNET Fiësta-toekenning in 2016 vir sy bydrae tot die Afrikaanse woordkuns. Dramas soos Faan se trein, Faan se stasie, Ek, Anna van Wyk en Die koggelaar is van Fourie se bekendste werke.
Pieter Fourie: Teatermaker is die derde boek in die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se huldigingsreeks van Hertzogpryswenners. Hiermee word hulde gebring aan die literêre kunstenaars wat oor dekades Afrikaans en Afrikaanse letterkunde met hul werk verryk het. Die boek is hier as deel van ‘n pakket beskikbaar en sluit die volgende bundels in wat intussen in dié reeks verskyn het: Adam Small: Denker, digter, dramaturg; P.G. du Plessis: Hy was ’n rukkie pagter hier; breyten breytenbach: woordenaar, woordnar; en Johann de Lange 60: ’n Huldiging.
ISBN: 978-1-485-31081-5
Kategorieë: Boeke/ Niefiksie/ Letterkunde/ Biografie
Spesifikasies: Portret; 220 mm x 150 mm; sagteband; 291 bladsye
Redakteur: Fanie Olivier
Skrywers:
Uitgewer: Protea Boekhuis
Reeks: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Hertzogpryswenners-huldigingsreeks
Genre: Niefiksie