Praat, kekkel, droom én gesels dat die spoeg spat in dié taal, jou taal – Afrikaans!

TIEN DAE VAN ERFENIS – DAG 1 : 15 SEPTEMBER

Praat, kekkel, droom én gesels dat die spoeg spat in dié taal, jou taal – Afrikaans! 

Drie feestelike feite oor… Afrikaans

  1. Die eerste Afrikaanse klankrolprent, Moedertjie, en het in 1931 die lig gesien. Dit was ’n 32 minuut lange verwerking van J.F.W. Grosskopf se eenbedryf In die wagkamer.
  2. Die radioman, Fanus Rautenbach, was die skrywer van die reeks Staal Burger. Anna Neethling-Pohl het ’n aandeel aan die skepping daarvan gehad. Hy vertel: “So op etenstyd stap ek daar verby toe hulle net uit ’n vergadering kom. Sy vra toe vir my ’n titel vir ’n vervolgverhaal vir die jeug – naam van ’n held. Ek sê Ysterman – sy sê nee; ek sê Staal – sy sê ja, en wat is sy van? – Burger. Dis reg, sê sy, nou gaan heen en skryf dit. In daardie tien sekondes is Staal Burger gebore.”
  3. Lede van die Ossewabrandwag wat in die 1940’s om politieke redes gevange gehou was, het destyds ’n projek begin om hulle besig te hou. Hulle het vasgestel dat die Afrikaanse 1933-Bybel 1 189 hoofstukke, 794 899 woorde en byna 3 miljoen letters het. Psalm 117 is die middelste hoofstuk in die Bybel, terwyl Psalm 101:8 die middelste vers is. Die middelste woord is “dors” in Psalm 63:2. Dié taak het die gevangenes agt maande lank uit die verveling gehou.

(Bron: Ons gaan ’n taal maak: Afrikaans sedert die Patriot-jare deur Jaap Steyn) 

Vier Afrikaans by Kraal Uitgewers

Kraal Uitgewers spog met topgehalte Afrikaanse boeke en produkte. As jy die hart van Afrikaans wil ontdek en waarlik jou taalerfenis wil vier is die monumentale werk Ons gaan ’n taal maak: Afrikaans sedert die Patriot-jare deur die bekroonde taalhistorikus, skrywer en digter Jaap Steyn die antwoord. Die dubbel-DVD-stel Die wonder van ’n nuwe taal in Afrika is die luilekker opsie waarmee jy die mooiste taal kan vier.

 

Kraal Uitgewers sal vanaf 15 Desember 2017 tot 8 Januarie 2018 gesluit wees. Dismiss

AfriVriendelik-opleiding

You have Successfully Subscribed!