Pretoria FM Klankkoerant: Dr. Jackie Grobler gesels oor die EVO

Die Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881 is die mees omvangryke bron oor dié oorlog en bevat nagenoeg 200 foto’s, kaarte en illustrasies. Ervaar die oorlog soos dit nog nooit vantevore opgeteken is nie – met gedetailleerde beskrywings (met inligting uit Boere- en Britse bronne) oor die aanloop tot die stryd; die beleëring van onder meer Potchefstroom, Pretoria en Standerton; en inligting oor elke bloed- en sweetoomblik by die veldslae van Laingsnek, Schuinshoogte en die finale, legendariese Slag van Majuba.

Gedurende Pretoria FM se Klankkoerant program* gesels Dr. Jackie Grobler, skrywer van Die Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881, verder oor die oorlog waar Boer en Brit vir die eerste keer slaags geraak het. 

2019/02/01

 

2019/02/05

 

*klankmateriaal verskaf met vergunning van Pretoria FM.