Prettige woordbordspel vir die hele gesin

As trane-loop-lag, gesinstyd én ’n kosbare wegbreek van selfoon- en televisieskerms dit is waarna jy smag, is BogWoordKies nét die regte medisyne. Dié prettige woordbordspel kan volgens die skeppers daarvan beskou word as ’n kombinasie van die bekende bordspeletjies Balderdash, Trivial Pursuit en Pictionary, maar met ’n oorsprong wat uit die 17de eeu strek. In dié speletjie gebruik spelers hul beste bluftegnieke, mimiekkuns, sketsvaardighede, algemene kennis én natuurlik ’n goeie dosis gelukskote om die nagenoeg 1 000 vreemde woorde wat in die speletjie gebruik word baas te raak. BogWoordKies is nou beskikbaar by Kraal Uitgewers teen slegs R400. Besoek die aanlyn winkel om dié bordspel te bestel – www.kraaluitgewers.co.za.