KRAAL UITGEWERS IS GESLUIT VIR DIE FEESSEISOEN VAN 13-12-2018 TOT 11-01-2019 Dismiss

Toon al 8 resultate

Andries Raath

Prof. A.W.G. Raath is ’n senior professor verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat se regsdepartement, maar onder geskiedenisliefhebbers is hy veral bekend vir sy treffende publikasies oor die Anglo-Boereoorlog en spesifiek oor die konsentrasiekampe van dié oorlog.

Publikasies deur prof. A.W.G. Raath:

• Onthou! Kronieke van vroue- en kinderlyding, 1899-1902 (mede-outeur saam met Elria Wessels)
• De la Rey: ʼn Stryd vir vryheid (mede-outeur saam met kol. F.J. Jacobs)
• Afrikaner op trek (mede-outeur saam met S.A. Strauss)
• Die Boerevrou, 1899-1902
• Die konsentrasiekamp te Bloemfontein gedurende die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902
• Die konsentrasiekamp te Springfontein gedurende die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902 (mede-outeur saam met R.M. Louw)
• Die konsentrasiekamp te Vredefortweg gedurende die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902 (mede-outeur saam met R.M. Louw)
• Egodokumente: Persoonlike ervaringe uit die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902 (mede-outeur saam met kol. F.J. Jacobs)
• Selfbeskikking en sesessie: Die saak vir die Afrikanervolk
• Vroueleed: Die lotgevalle van die vrou en kinders buite die konsentrasiekampe, 1899-1902 (mede-outeur saam met R.M. Louw)
• The British Consentration Camps of the Anglo-Boer War, 1899-1902: Reports on the camps
• Nicolaas van Rensburg: Die siener
• Die Afrikanerrebellie, 1914-1915