KRAAL UITGEWERS IS GESLUIT VIR DIE FEESSEISOEN VAN 13-12-2018 TOT 11-01-2019 Dismiss

Toon al 4 resultate

Danie Langner

Danie Langner behaal in 1994 aan die Vrystaatse Universiteit ’n BA Teologie-graad, in 1997 BTh. In 2000 behaal hy ’n Magister in Ekklesiologie (cum laude). Vir die M-skripsie verwerf hy akademiese erekleure aan die Vrystaatse Universiteit. In 2004 verwerf hy sy Doktorsgraad in Ekklesiologie. Hy is outeur van die boek Teen die hele wêreld vry: Koot Vorster segsman of profeet? In samewerking met die bekroonde fotojoernalis Paul Alberts verskyn die boek Gebroke Land.

Dr Langner was predikant van NG Gemeente Hugenoot in Bloemfontein en NG Klerksdorp-Oos. Sedert 2008 tot einde 2011 is hy die Uitvoerende Direkteur van Solidariteit Helpende Hand. Onder sy leiding het Solidariteit Helpende Hand ʼn nasionale en internasionale voetspoor gevestig. Sedert 2012 is hy aangestel as Besturende Direkteur van die FAK. Hy is ook in 2013 aangewys as die hoofleier van die Voortrekker Beweging.

Publikasies deur Danie Langner:

• Kaart en koördinaat
• Op die spore van Retief
• Die Afrikanerrebellie, 1914-1915 (mederedakteur)
• Gebroke land (in samewerking met Paul Alberts)
• Trekkerkinders