KRAAL UITGEWERS IS GESLUIT VIR DIE FEESSEISOEN VAN 13-12-2018 TOT 11-01-2019 Dismiss

Elria Wessels

Elria Wessels – wat verantwoordelik was vir die hantering van die historiese teks Mag ons vergeet? van Elizabeth Neethling vir Onthou!, is ook ’n bekende in Bloemfontein en in geskiedeniskringe. Sy is in Dundee, Natal, gebore en het ’n meestersgraad in geskiedenis aan die Universiteit van die Vrystaat behaal.

Sy was sedert 1979 as vakkundige verbonde aan die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke, maar het intussen afgetree. Verskeie publikasies, soos onder meer Kwinkslag, Veldslag, They fought on foreign soil en Kraal Uitgewers se boek, Bannelinge in die Vreemde, het ook reeds uit haar pen verskyn.

Publikasies deur Elria Wessels:

• Kwinkslag: Humor in die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902
• Veldslae: Anglo-Boereoorlog, 1899-1902
• Woman, thy name is valour: An overview of the role of Afrikaner and uitlander women and children outside the Anglo Boer War concentration camps, 1899-1902
• Boerespyse: Resepte en kospraatjies rondom die Anglo-Boereoorlog
• Bannelinge in die vreemde

Geen produkte is tans in hierdie kategorie beskikbaar nie.

Kliek hier en gaan snuffel in die Kraal Uitgewers-winkel.