KRAAL UITGEWERS IS GESLUIT VIR DIE FEESSEISOEN VAN 13-12-2018 TOT 11-01-2019 Dismiss

Toon al 1 resultate

Frik Jacobs

Kol. Frik Jacobs, een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde vakkundiges oor veral militêre geskiedenis, was in sy leeftyd onderwyser, kolonel in die lugmag, lektor in militêre geskiedenis aan die Universiteit van die Vrystaat en direkteur van die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke in Bloemfontein.
Hy was van April 1992 tot Junie 2009 die direkteur van die Oorlogsmuseum en internasionaal bekend vir sy kennis van die Anglo-Boereoorlog. In dié tyd het hy onder meer opgetree as die voorsitter van die nasionale herdenkingskomitee vir die 100-jarige herdenking van die Anglo-Boereoorlog.
Jacobs was die redakteur van verskeie publikasies oor die Anglo-Boereoorlog en het saam met Paul Alberts onder die vaandel van Kraal Uitgewers treffende titels oor die oorlog (insluitend Smarte van die oorlog, Die bittereinde vrede en Bannelinge in die vreemde) die lig laat sien.

Publikasies deur kol. Frik Jacobs:

• Suffering of war: A photographic portrayal of the suffering in the Anglo-Boer War
• De la Rey: ʼn Stryd vir vryheid