KRAAL UITGEWERS IS GESLUIT VIR DIE FEESSEISOEN VAN 13-12-2018 TOT 11-01-2019 Dismiss

Toon al 1 resultate

Heinrich Matthee

Heinrich Matthee is ’n politieke risiko-ontleder vir internasionale maatskappye en ’n gasnavorser by die Universiteit van Amsterdam. Voorheen was hy ’n navorser in Afrikasekuriteit verbonde aan die Sentrum vir Militêre Studies van die US, redakteur van die Emirates Occasional Papers by die Emirates Centre for Strategic Studies and Research in Aboe Dhabi, in die Verenigde Arabiese Emirate, en ’n Midde-Ooste-analis by Control Risks in Londen, Verenigde Koninkryk (VK). Sy kwalifikasies sluit ’n meestersgraad in internasionale veiligheidstudies van Birmingham Universiteit en ’n doktorsgraad, magna cum laude, in politieke wetenskap van die Universiteit van Marburg in Duitsland in. Dr. Matthee is die skrywer van Muslim identities and political strategies: A case study of Muslims in the greater Cape Town area of South Africa, 1994-2000 (2008) en verskeie akademiese en populêre artikels oor politiek en ekonomie in Afrika, die Midde-Ooste en Europa.