Toon al 2 resultate

Jackie Grobler

Jackie Grobler is die skrywer van Die Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881 wat in Maart 2019 amptelik bekend gestel is en boonop bekroon is met ’n 2019 S.A. Akademieprys. Dr. Grobler ontvang die Protea Boekhuisprys vir die beste werk in geskiedenis of kultuurgeskiedenis in Afrikaans.

Dr. Jackie Grobler is ’n historikus in murg en been. Hy was vir bykans 40 jaar verbonde aan die Departement Historiese en Erfenisstudies aan die Universiteit van Pretoria. Hy is by uitstek ’n kenner van die 19de-eeuse Suid-Afrikaanse geskiedenis. Die hoofdoel van Die Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881 is om op ’n toeganklike manier ’n ewewigtige beeld van veral die militêre verloop van die stryd daar te stel. Daar word nie net op die prominente rolspelers in hierdie oorlog gefokus nie, maar ook op die gewone burgers en soldate.

Ander prominente werke wat reeds uit Grobler se pen verskyn het sluit in The War Reporter: The Anglo-Boer War through the Eyes of the Burghers; die Afrikaanse vertaling van Louis Tregardt se Groot Trek-dagboek; en The Anglo-Boer War: A historical guide to memorials and sites in South Africa. Hy het ook reeds fiksie geskryf.