KRAAL UITGEWERS IS GESLUIT VIR DIE FEESSEISOEN VAN 13-12-2018 TOT 11-01-2019 Dismiss

Toon al 2 resultate

Leon Gropp

Leon Gropp (Jonkman) en Christiaan Baartman (Baartman) het kragte saamgesnoer vir die album Jonkman en Baartman sing nuwe lawwe liedjies.

Leon is veral bekend as lid van die bekende kitaarduo CH2. Hy is reeds meer as tien jaar lank in die musiekbedryf as sanger, liedjieskrywer en kitaarspeler. Leon is meer onlangs besig met ’n opwindende nuwe projek genaamd Rooidag waarin hy enkele werke van die digter N.P. van Wyk Louw getoonset het. Verskeie optredes is reeds met hierdie werk as fokus gehou. Hy beskryf dit as ’n “hartsprojek” wat na verwagting later in 2017 ook as ʼn album vrygestel sal word.

Christiaan is reeds ’n bekende in musiekkringe – veral nadat hy in 2009 die Huisgenoot Liedjieskrywer van die Jaar-kompetisie gewen het. Sy album Mal oor jou het reeds in 2013 die lig gesien.