KRAAL UITGEWERS IS GESLUIT VIR DIE FEESSEISOEN VAN 13-12-2018 TOT 11-01-2019 Dismiss

Toon al 2 resultate

Louis Lubbe

Na sy landbouskool-opleiding, het die skrywer Louis Lubbe by die Suid-Afrikaanse Polisie aangesluit op aandrang van sy pa wat geglo het dat ‘n jongman eers dissipline moet leer alvorens hy gereed is vir die grootmenswêreld. Op 19-jarige ouderdom het hy as vrywilliger grensdiens verrig in Suidwes-Afrika, Caprivi en Rhodesië tydens die Bosoorlog. Na sy terugkeer sluit hy by die Speurtak aan en was onder meer vir ‘n paar jaar verbonde aan die Narkotiese tak van die SAP.  Hy verlaat die Polisie en betree die korporatiewe wêreld as ondersoeker van kriminele sake by ‘n bekende finansiële instelling, tot en met sy aftrede. Hy verkies die term uittrede, nie aftrede nie.Na sy uittrede neem hy pen op en skryf die boek Van Ovamboland tot Masjonaland. Die navorsing en soektog na geskikte materiaal daarvoor het ses jaar geneem en is slegs onderbreek toe hy en sy vrou vir ‘n paar maande in die Outback van Australië op ‘n beesplaas gaan werk het.