KRAAL UITGEWERS IS GESLUIT VIR DIE FEESSEISOEN VAN 13-12-2018 TOT 11-01-2019 Dismiss

Toon al 1 resultate

Louise Prinsloo

Louise Prinsloo is ʼn gebore Johannesburger. Nadat sy matriek in 1964 aan die Helpmekaar Hoër Meisieskool voltooi het, neem sy die pad na Pretoria waar sy onderwys aan die destydse Pretoria Normaal Kollege studeer. Later gaan stap sy ʼn draai in opwindende dramawêreld, doen radiowerk en skryf stories vir onder meer Siembamba. Gedurende haar loopbaan publiseer sy bykans 30 kinder- en jeugverhale waaronder die gewilde Gedaantes en geraamtes-reeks (uitgegee deur Human & Rousseau). In 1995 ontvang sy die ATKV-toekenning vir beste jeuglektuur vir die boek Die geheim van Groukatlaagte en in 2004 word die boek Spookhuis by die see benoem vir die M.E.R.-prys vir jeuglektuur.