KRAAL UITGEWERS IS GESLUIT VIR DIE FEESSEISOEN VAN 13-12-2018 TOT 11-01-2019 Dismiss

Toon al 1 resultate

Paul Alberts

Die fotograaf Paul Alberts is veral bekend vir sy fotografie van Suid-Afrikaanse kinders, bejaardes en bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars. Dié gebore Pretorianer het in sy leeftyd in onder meer Botswana, Limpopo, Frankryk en die Vrystaatse dorpie, Brandfort, gewoon. As joernalis het Alberts by verskeie groot koerante gewerk en hy was ook die kunsredakteur van Die Burger. Teen 1975 begin hy sy loopbaan as voltydse vryskutfotograaf en reik in die daaropvolgende jare verskeie treffende fotografiese boeke uit. In 2002 is Alberts deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer vir sy uitsonderlike bydrae as fotograaf.

Alberts is in November 2010 oorlede ná ’n stryd teen kanker, maar laat ’n prysenswaardige nalatenskap in die vorm van Kraal Uitgewers, van die treffendste dokumentêre foto’s in die Suid-Afrikaanse geskiedenis en van die grootste werke oor die Anglo-Boereoorlog na.

Publikasies deur Paul Alberts:

• The borders of apartheid: A chronicle of alienation in South Africa with a portfolio of photographs on Bophuthatswana today
• Die smarte van oorlog: Verontregting van Boerevroue en -kinders tydens die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902
• The forgotten highway through Ceres and the Bokkeveld
• In camera: Portraits
• Some evidence of things seen: Children of South Africa
• South Africa who cares
• Suffering of war: A photographic portrayal of the suffering in the Anglo-Boer War emphasising the universal elements of all wars
• De La Rey: ’n Stryd vir vryheid
• Die Klein Karoo: ’n Legkaart
• Nichts wird uns trennen: Sudafrikanische Fotografen und Dichter