KRAAL UITGEWERS IS GESLUIT VIR DIE FEESSEISOEN VAN 13-12-2018 TOT 11-01-2019 Dismiss

Tienie van Schoor

Prof M.C.E. (Tienie) van Schoor, historikus en outeur van verskeie boeke oor die Afrikaner en die Anglo-Boereoorlog, het ’n diep passie vir die geskiedenis oor veral pres. M.T. Steyn, genl. C.R. de Wet en ds. J.D. Kestell gehad. Hy is in November 1920 in Bloemfontein gebore en het aan die Hoërskool Jan van Riebeeck gematrikuleer, waarna hy ’n meestersgraad in geskiedenis aan die Universiteit van die Vrystaat behaal het.
Hierna het hy sy doktorale graad aan die Universiteit van Potchefstroom gedoen. Hy was etlike jare in die onderwys voordat hy as geskiedenisdosent by die Universiteit van die Vrystaat aangesluit het. Van 1977 tot 1985 was hy hier hoof van die geskiedenisdepartement. Hy is in Julie 2009 in die ouderdom van 88 oorlede.

Publikasies deur M.C.E. van Schoor:
• Christiaan Rudolph de Wet: Krygsman en volksman
• Marthinus Theunis Steyn
• Generaal J.C.G. Kemp en die epiese woestyntog
• Bittereinde vrede

Geen produkte is tans in hierdie kategorie beskikbaar nie.

Kliek hier en gaan snuffel in die Kraal Uitgewers-winkel.