KRAAL UITGEWERS IS GESLUIT VIR DIE FEESSEISOEN VAN 13-12-2018 TOT 11-01-2019 Dismiss

Toon al 3 resultate

Wessel Oosthuizen is sekerlik een van Suid-Afrika se grootste name in nuusfotografie. Sy eerste gepubliseerde foto (van John Thornett, die Wallaby-kaptein van die 1963) is reeds in die 1960’s met ʼn mik-en-drukkamera geneem en sedertdien het hy reeds derduisende van die grootste persoonlikhede in wêreldrugby én nuus afgeneem. Hy het verskeie toekennings vir sy werk ontvang waaronder die Suid-Afrikaanse Sportfotograaf van die Jaar-toekenning in 1970 vir die bekende foto van ’n Frik du Preez-doodvat op die All Black skrumskakel Chris Laidlaw in die eerste toets van die All Blacks se 1970-toer na Suid-Afrika. Oosthuizen het ook in 2006 én 2007 met die Sasol Springbokfotograaf van die Jaar-toekenning weggestap.