KRAAL UITGEWERS IS GESLUIT VIR DIE FEESSEISOEN VAN 13-12-2018 TOT 11-01-2019 Dismiss

Toon al 1 resultate

Zelda Rowan

In 2003 slaag Zelda Rowan haar M.A.-graad in Kultuurgeskiedenis met lof aan die Universiteit van Pretoria. Haar navorsing handel oor Nonnie de la Rey, die eggenote van die befaamde generaal Koos de la Rey. In 2013 word haar hoofstuk oor die lewe van Nonnie de la Rey as deel van die boek Die oorlog kom huis toe (onder redaksie van A. Grundlingh en B. Nasson) uitgegee. Die publikasie word in November 2014 met die eerste kykNET-Rapportboekprys vir nie-fiksie vereer. In 2016 verskyn die resepteboek, Hartskombuis, met tradisionele resepte uit die dae van die Anglo-Boereoorlog. Dit word verweef met staaltjies uit daardie dae en Rowan het die bydrae oor Nonnie de la Rey vir die boek geskryf. Rowan is ’n geaffilieerde navorser verbonde aan die Universiteit van Pretoria se Departement Historiese en Erfenisstudies.