André Christof

Toon al 5 resultate

André Christof

André Christof is ’n Kapenaar van geboorte ’n natuurliefhebber soos min. Hoewel hy jarelank in die korttermynversekeringsbedryf in onder meer die Vrystaat en Gauteng gewerk het, is dit eintlik die buitelewe wat hom inspireer. Meer as 35 jaar se besoeke aan die Krugerwildtuin bevestig egter Christof se brandende passie vir die natuur. Die afgelope sowat 15 jaar besoek hy en sy vrou dié internasionaal bekende park minstens een keer per maand. Gewapen met ’n DV-kamera lê Christof se vrou rare en asemrowende gebeure in dié park vas wat hy onder andere in sy reisjoernale skilder, dit verwoord en beskrywend met die leser deel wat met al vyf sintuie van jou praat.

Al die boeke is met intensiteit baie fyn geskryf, Christof neem die leser op vlerke, elkeen het ‘n besonderse boodskap betreffende die natuur wat uitgedra word, dit gaan oor skryfkuns, vertelkuns wat jou vasvang, nie net oor die spesifieke reise wat gekies is nie, maar veral hoé dit beskryf is. Ervaar die passie waarmee dit geskryf is, met balans die natuurlewe uitbeeld soos dit daar gebeur, die unieke manier hoe die tonele en prentjies in die reisjoernaal die gebeure in Afrikaans vasvat, ook in die ruskampe, hoe die woorde ingespan word.

In die natuur gebeur daar nooit niks nie, al is daar byvoorbeeld nie ‘n leeujag nie, Christof en sy vrou volg die gebeure soos dit daar in die natuur met hul besoeke gebeur, die leser sien nie net die prentjies en tonele, wat beskryf word, hoor die geluide van die bos nie, maar ervaar dit asof hy/sy daar mét hulle is, jy ruik dit, proe dit, jy kan daaraan vat.

Die natuurlewe het sy eie ritme en bekoring, nét soos musiek, met elke lewende wese wat, in die omgewing waarin hulle moet oorleef, die sintuie en vaardighede wat aan hulle, eie aan hul soort, toegedeel is, ook teen die elemente inspan om hul spesie se voortbestaan te verseker.

Dit is soos dit in die Op Vlerke boeke geskilder word, met eie ritme, die note hou, om uiting aan elkeen se oorlewingsmeganisme te gee. Die manier van uitdrukking gee, diere, voëls beskryf, hier en daar ‘n insek, wat hulle doen, hoé, interaksie, beweging, gevoel, klanke, wat jou vasvang, die omgewing, plantegroei, die veld lewe gee, water, die terrein, dít is waaroor die boeke gaan, die skryfkuns met spesifiek die natuurlewe, waarin mens die skryfstyl kan uitleef wat met elke sintuig van jou praat.

‘n Kunsskrywer.

Juis hieroor sal die Op Vlerke boeke alle natuurliefhebbers oraloor in die land se aandag trek, hul belangstelling gaande maak en nie nét daardie persone wat die Kruger Nasionale Park besoek nie, dit gaan in die eerste instansie nie oor die Krugerwildtuin nie, maar oor die natuurlewe en die wyse waarop dit beskryf word.

En Covid-19?

‘n Wekroep van die natuur.

Die boek ‘Bewaar dit vir die nageslag – ‘n Werkroep’ staan dus apart van die ander drie, juis ook waar die laaste hoofstukke in daardie boek handel oor Covid-19 en hoe Christof, sy vrou en andere, as natuurliefhebbers, daardie eerste maande, en nog vir ‘n tyd daarna, die inperking in hul huise ervaar het, hulle die natuurlewe vanuit hul huise op TV in verskeie wildreservate moes beloer.