KRAAL UITGEWERS IS GESLUIT VIR DIE FEESSEISOEN VAN 13-12-2018 TOT 11-01-2019 Dismiss

Raaisels, raaisels, nóg raaisels!

Wil jy voel soos ’n kat wat melk gekry het? Ken jy Afrikaanse spreekwoorde en idiome op die punte van jou vingers? Dan het Kraal Uitgewers die wenresep vir jou! Sit hierdie vakansie terug en ontspan met Kraal Uitgewers se aktiwiteitsboek By wyse van spreke: 100 spreekwoordblokkiesraaisels.

Nou kan oud en jonk, liefhebbers van blokkiesraaisels en ander taalavonturiers hierdie bron van pragtige beelde en uitdrukkings op ’n prettige manier herontdek én nuwes leer ken. Vir tweedetaalsprekers bied dit ’n lekker uitdaging om hulle kennis te verruim. 

By wyse van spreke: 100 spreekwoordblokkiesraaisels sal vir ure se vermaak sorg en teen slegs R100 is dit pure plesier! Klik hier.