Rebellie van 1914 – Dagboek: 12 Augustus 1914

Jan Smuts versoek op 12 Augustus 1914 dat Koos de la Rey hom en Louis Botha die volgende dag in Pretoria moet gaan spreek.

Genl. Christiaan Beyers stuur ook op dié dag ’n telegram aan De la Rey waarin hy hom versoek om die beplande Treurfontein-vergadering (wat op 15 Augustus sou plaasvind) eers uit te stel en na Pretoria te gaan sodat hulle kan gesels. De la Rey het burgers aangemoedig om dié vergadering op Treurfontein by te woon en gewapen daarheen te gaan. 

Volg die gebeure in aanloop tot, tydens en na afloop van die Rebellie soos wat dit dag vir dag ontvou het met die Rebellie van 1914 – Dagboek op Kraal se Facebook en webblad.
Lees ook meer oor dié gebeure in Afrikanerrebellie, 1914-1915, beskikbaar by Kraal Uitgewers.