Rebellie van 1914 – Dagboek: 19 Augustus 1914

Nadat die Unie van Suid-Afrika vroeg in Augustus 1914 sy steun aan Brittanje toegesê het in die Eerste Wêreldoorlog, is begin met planne vir die inval van die Unie se Duitse bure in Duitswes-Afrika.

Dié planne het egter ’n dringende hupstoot gekry toe daar op 19 Augustus 1914 bevestiging ontvang is dat Duitse soldate die Unie by Nakop binnegekom het. Nakop is sowat 130 km noordwes van Upington geleë. Dié betreding was vir die Unie ’n welkome regverdiging vir die inval op sy buurland. Volgens ’n studie deur militêre historici Antonio Garcia en Evert Kleynhans het die Duitsers oorspronklik ’n klein mag gestuur om ’n koppie naby Nakop te beset. Toe ’n lid van die Unieverdedigingsmag en boer van Duitswes-Afrika, lt. Christiaan Rudolf Liebenberg, egter in dié tyd poog om uit die Unie te vlug, is hy deur drie Duitse soldate gekonfronteer. ’n Skietery het gevolg en een Duitse soldaat is dood en ’n ander gewond. 


Volg die gebeure in aanloop tot, tydens en na afloop van die Rebellie soos wat dit dag vir dag ontvou het met die Rebellie van 1914 – Dagboek op Kraal se Facebook en webblad.

Lees ook meer oor dié gebeure in Afrikanerrebellie, 1914-1915, beskikbaar by Kraal Uitgewers.