Rebellie van 1914 – Dagboek: 8 Augustus 1914

Op 8 Augustus 1914 skryf Emily Hobhouse ’n brief aan genl. Jan Smuts en smeek dat Suid-Afrika nie by die oorlog (wat pas in Europa uitgebreek het) betrokke raak nie. Sy skryf: “For pity’s sake don’t let South Africa be dragged in.” Die Unieregering het in hierdie stadium egter reeds aangedui dat troepe uit Suid-Afrika beskikbaar is om Brittanje in die oorlog, wat later as die Eerste Wêreldoorlog bekend sou staan, by te staan.

Volg die Rebellie van 1914 – Dagboek oor die volgende paar maande op Kraal se Facebook en webblad.
Lees die volle verhaal van die 1914-rebellie in Afrikanerrebellie, 1914-1915, beskikbaar by Kraal Uitgewers.