Skrywersaanhaling van die week – 1 Junie 2020

“Afrikaans is die taal wat vir Wes-Europa en Afrika verbind. Dit vorm ’n brug tussen die groot helder Weste en die magiese Afrika en wat daar aan hulle vereniging kan ontspruit – dit is miskien wat vir Afrikaans voorlê om ontdek te word. Ons taak lê in die gebruik wat ons maak en sal maak van hierdie glansende werktuig.”

N.P. van Wyk Louw (11 Junie 1906-18 Junie 1970), een van die bekendste Afrikaanse digters; letterkundige; akademikus; filosoof; dramaturg; skrywer. Hy het ook die Hertzogprys in drie genres ontvang: digkuns, drama en kritiese prosa.

(Bron: LitNet, 2017-04-10)