Skrywersaanhaling van die week – 11 Mei 2020

“Ek voer nie ’n taalstryd as ek in Afrikaans skryf nie. Ek skryf in Afrikaans omdat spesifieke stukke … in Afrikaans geskryf móét word. Ek het ’n groot liefde vir my taal. Dit het ’n ryk tekstuur en baie kleurryke en verbeeldingryke idiome. Om in Engels te skryf, is nie so ’n intieme ondervinding nie. As ek in Engels skryf, is ek effens meer verwyder van dinge.”

– Reza de Wet (11 Mei 1952 – 27 Januarie 2012), bekroonde dramaturg, akteur, regisseur, skrywer. Die Hertzogprys vir drama is twee maal aan haar toegeken – inderdaad ’n uitsonderlike prestasie.

(Bron: LitNet, 2018-10-10)