Skrywersaanhaling van die week – 14 September 2020: Helena Lochner en François Bloemhof

“Dit was eienaardig, maar ek het nooit nodig gehad om hierdie stories uit te dink nie. Hulle het somaar so vanself gekom. Selfs wanneer ek in die nag wakker word, kry ek ideë … Môre vroeg, wanneer ek wakker word, skryf ek dan my storie.”

Helena Lochner (15 September 1892-15 Julie 1951), Afrikaanse skrywer en illustreerder van leesboekies vir jong kinders.

(Bron: Wikipedia)


“Wanneer jy ’n boek lees en dit praat nét met jou, is dit ’n sterk, goeie storie. Dit moet amper wees asof jy en die boek samesweerders is totdat die storie klaar vertel is! Jongmense verstaan dit instinktief, behalwe dié wat boeke nooit ’n behoorlike kans gee nie. Kom ons hou ’n oomblik van stilte vir hulle.”

François Bloemhof (15 September 1962 – ), skrywer van boeke vir volwassenes, tieners en jong lesers; dramaturg; kopieskrywer; filmresensent. Hy het meermale bekronings en toekennings ontvang en van sy verhale is ook al as films verwerk.

(Bron: LitNet, 2019-01-24)