Skrywersaanhaling van die week – 16 Maart 2020

“Daar is geen definisie van genade nie, maar vir my is genade die wieletjies wat jy kry as jy voel nou kan ek nie meer loop nie. Die Here sit daardie wieletjies onder jou voete – en dan loop jy weer. Dit is genade.” – Alberta Magdalena (Alba) Bouwer (16 Maart 1920-5 Oktober 2010), bekroonde Afrikaanse skrywer van kinder- en jeuglektuur.

(Bron: ATKV/LitNet-skrywersalbum, 2020-03-02)