Skrywersaanhaling van die week – 17 Augustus 2020

“… dis tog waarom ons lees; dat papiermense vir ons lewendig word en hulle probleme aanklank vind by ons s’n.”

“Ons Suid-Afrikaners is van die mees dinamiese, interessante volke ter wêreld wat nog die mas gaan opkom én die effens wankelrige wa deur die drif trek. Danksy die mense, nié die politici nie.”

Eleanor Baker (21 Augustus 1944-1Julie 2002) (Sy het ook gepubliseer onder die naam Christine le Roux en Alex Muller), Afrikaanse skrywer wie se talent en kreatiwiteit nie altyd na waarde geag is nie. Sy het verskeie romans, jeugboeke en twee draaiboeke geskryf. Die bekroonde boek Weerkaatsings: ’n Sprokie is in vyf tale vertaal, vir skole voorgeskryf en ook op die radio voorgelees.

(Bron: LitNet, 2016-02-23)