Skrywersaanhaling van die week – 21 Desember 2020: Pieter W. Grobbelaar, Ena Murray, C. Louis Leipoldt

“Trein ry”

Sakke, pakke,
sout en peper;
gee my stoom
dan loop ek beter!

Pieter W. Grobbelaar (25 Desember 1930-19 Januarie 2013), kultuurhistorikus; joernalis; omroeper-regisseur; uitgewersredakteur; akademikus; skrywer; vertaler. Hy word veral onthou vir sy kinder- en jeugliteratuur en word beskou as een van die belangrikste skrywers van Suid-Afrikaanse volksverhale. Hy word bekroon met onder meer die C.P. Hoogenhout-prys en die Tienie Holloway-medalje.

(Bronne: LitNet, 2013-02-06; Kinderrympies – Kleuters: http://www.kleuters.co.za/index.php?destination=kinderrympies)


“Ek het nooit probeer om ’n letterkundige werk te skryf nie. Dit is nie my terrein nie. Ek ken my beperkinge. Ek skryf vir die gewone mens.”

Ena Murray (26 Desember 1936-4 Junie  2015), gewilde Afrikaanse skrywer van hoofsaaklik liefdesverhale, maar ook etlike spanningsverhale. Sy is al as “die mees gelese skrywer in Afrikaans” beskryf.

(Bronne: LitNet, 2015-06-04; Wikipedia: https://af.wikipedia.org/wiki/Ena_Murray)


“Skenk my die krag om,
wat ook wissel en kwyn,
Die jare deur as mens getrou te bly,
en sonder trots en sonder huigelary
My plig te doen voordat my dag verdwyn.”

C. Louis Leipoldt (28 Desember 1880-12 April 1947)

(Bronne: Goedgeluk. Verjaardagalbum saamgestel deur Audrey Blignault en Alba Bouwer