Skrywersaanhaling van die week – 23 Maart 2020

Ernst van Heerden (20 Maart 1916-30 September 1997), bekroonde Afrikaanse digter, skrywer, literatuurwetenskaplike, letterkundige kritikus.
Hy het ook goed presteer in verskeie sportsoorte, veral gewigoptel.

“Maar o! Die vreugde van ware vriende. Soos Shakespeare gesê het: ‘You must grapple them to thy soul with hoops of steel.’
Ja, met staal moet jy hulle aan jou hart vasbind. Hulle is meer werd as juwele, en ek is gelukkig om sulke vriende te hê.” 

In 1987 op 71-jarige ouderdom sê hy: “Elke dag is ’n genade wat benut moet word, afgesien van jou persoonlike omstandighede.
Jy moet geloof hê in wat jy doen, en jy moet nie jou vermoëns oorskat nie, maar ook nie onderskat nie. Om op ’n enigsins weemoedige toon te praat – op my leeftyd sien jy natuurlik hoe jou tydgenote een ná die ander wegval. Jy besef hoe betreklik alles is. En op die ou end wat bly oor? Die liefde. Ek lees nou die dag Love is the pity we feel for one another en ek dink dit som dit op.” 

(Bron: LitNet, 2014-07-09)