Skrywersaanhaling van die week – 27 April 2020

“Die lewe vat jou waarheen jy gaan. Jy berus jou maar daarby. Jou aanpassingsvermoë en jou humor dra jou.” – Dot (Susanna Jacoba) Serfontein (30 April 1925-4 November 2016), Afrikaanse skrywer, veral van kortverhale en kontreiverhale. Sy het vroeër ook onder die skuilname S.J. Nasau en Luca Fick geskryf. Haar dogter Antjie Krog is ook ’n bekende digter en skrywer.

(Bron: LitNet, 2016-11-23)