Skrywersaanhaling van die week – 28 September 2020: DJ Opperman en P.J. Nienaber

My nooi is in ’n nartjie,
my ouma in kaneel,
daar is iemand … iemand in anys,

daar’s ’n vrou in elke geur!
(Uit: Sproeireën – DJ Opperman)

DJ (Dirk Johannes) Opperman (29 September 1914-22 September 1985), een van die bekendste Afrikaanse digters en letterkundiges van die twintigste eeu. Hy ontvang vier keer die gesogte Hertzog-prys (vir poësie asook vir drama) en verskeie ander toekennings..

(Bronne: LitNet; https://www.wikiwand.com/af/D.J._Opperman)


“Erkenning is tog maar die hoogste beloning wat ’n mens kan kry, veral as jy nie daarna gestrewe het nie; my geluk het ek in my werk gevind.” – Petrus Johannes (P.J.) Nienaber (1 Oktober 1910-24 Mei 1995), Afrikaanse skrywer, letterkundige; navorser; dokumenteerder en bewaarder van die Afrikaanse taal- en literatuurskatte; samesteller en redakteur. Hy skryf ook onder verskeie skuilname, onder andere I.R. van Niekerk, Ryno de Villiers en Jac J. Rousseau. Hy word deur talle organisasies vereer en ontvang ook die Dekorasie vir Voortreflike Diens (goud) in 1982.

(Bronne: PJ Nienaber: Kurator van ons erfenis – Thariza Smit; Wikipedia)