Skrywersaanhaling van die week – 29 Junie 2020

“As ek ’n boek die hiernamaals kon indra, of ’n wet het my verplig om vóór ontbyt ’n uur lank te lees, kies ek ’n verklarende woordeboek.”
Annelie Botes (28 Junie 1957 – ), Afrikaanse skrywer van romans, kortverhale en rubrieke. Haar werk handel dikwels oor moeilike temas, soos dobbelverslawing, outisme en bloedskande.

(Bron: LitNet, 2016-01-25)

Juliemaand en die familie skryf
sal daar blomme wees vanjaar?
is vooruitsigte goed of sleg?
nooit vra hoe staan die koring
het dit al gereën, het die skaap kondisie nie
aljimmers net die blomme

Uit: “Blommekykers” – George Weideman (Groot verseboek, 9de uitgawe)
George Weideman
(2 Julie 1947-28 Augustus 2008), Afrikaanse digter; skrywer van romans, kortverhale, kinder- en jeugverhale; dramaturg; akademikus. Hy ontvang ook etlike toekennings vir sy werk.

Hoekom skryf hy? “Omdat ek moet. Dit is soos ’n groot jeuk wat gekrap moet word, omdat idees en karakters torring om van nugter weet waar hulself te kom opdring om geskryf te word.”
Deon Meyer (4 Julie 1958 – ), gewilde en veelbekroonde Suid-Afrikaanse misdaadskrywer; draaiboekskrywer. Sy werk is in 27 tale vertaal.

(Bron: LitNet, 2017-01-12)