Skrywersaanhaling van die week – 3 Augustus 2020

“Daar ís Afrikaanstaliges, wit en bruin, wat hulle losmaak van die taal en besluit om hul kinders Engels te maak en op te voed. Wat nodig is, is nie die losmaak van Afrikaans van sekere groepe of hul identiteit nie, maar eerder ‘n hegter vasbind van Afrikaans aan alle groepe.”

J.C. (Jaap) Steyn (31 Julie 1938 – ), bekroonde digter en prosaskrywer; akademikus; taalhistorikus; joernalis. Hy is bekend vir sy omvattende biografieë, veral dié oor M.E.R. en N.P. van Wyk Louw. Twee van sy boeke, ‘Ons gaan ’n taal maak’: Afrikaans sedert die Patriot-jare (2014) en Verset & opbou: Skrywers en politici as aktiviste vir Afrikaans (2019) het by Kraal Uitgewers verskyn.

(Bronne: Beeld, 24 Mei 2005, aangehaal deur dr. Kas Landman, Sesde Willem Landman-gedenklesing, 31 Mei 2005)


“Oor die verlede dink ek lankal meer en meer. Hoe ouer jy word, hoe meer leef jy in die verlede.”

Wilma Stockenström (7 Augustus 1933 – ), bekroonde Suid-Afrikaanse skrywer; digter; aktrise; dramaturg. Sy ontvang verskeie toekennings, onder meer die Hertzog-prys vir poësie (1977) en vir prosa (1991).

(Bron: LitNet, 2015-07-23)