Skrywersaanhaling van die week – 30 Maart 2020

“Die kritikus is, soos die digter, 24 uur in diens van sy vak; en al is sy gebied meer beskeie en kleiner as dié van die skeppende kunstenaar, vereis dit dieselfde oorgawe en hartstog.” –  John (J.C.) Kannemeyer (31 Maart 1939-25 Desember 2011), akademikus, letterkundige kritikus, skrywer, samesteller en redigeerder.

Hy is veral bekend vir die biografieë van onder andere D.J. Opperman, C.J. Langenhoven, C. Louis Leipoldt en Uys Krige.

Hy is ook die skrywer van die omvattende Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur (in verskeie bande).

(Bron: LitNet, 2012-11-21)