Skrywersaanhaling van die week – 31Augustus 2020: Nataniel en Rachelle Greeff

“Nagereg is die slot van ’n goeie verhaal, die afronding van ’n gebalanseerde koservaring, die klimaks van ’n feesviering, dis die bevestiging dat elke dag uniek en belangrik is. Dis die bederf van jou beste vriende en jou geliefdes.”

Nataniël, oftewel Nataniël le Roux (30 Augustus 1963 – ), sanger; skrywer; liriekskrywer; dramaturg; satirikus; verhoogkunstenaar; openbare spreker; musiekdirekteur; aanbieder van kosprogramme op TV; skepper van leefstylprodukte.

(Bronne: “Treurige tafels” in Sarie, Oktober 2003; Wikipedia)


“ … daar is ’n plek in die internasionale taleryk vir Afrikaans – ’n jong, moderne samekoms van verskeie reistale, hoofsaaklik Hollands, wat met voortdurende nuwe skeppings die basistaal se sprekers raak en roer.” (Met verwysing na die opveiling van klipblokke met poësiereëls daarin gekalligrafeer, onder andere ook dié van ses Afrikaanse digters in Brugge, 2008)

Rachelle Greeff (31 Augustus 1957 – ), Afrikaanse joernalis en skrywer (veral van kortverhale); dramaturg; digter; aanbieder van skryfkursusse. Sy ontvang verskeie toekennings en van haar verhale is ook in Duits, Nederlands, Deens en Engels vertaal.

(Bronne: Versindaba; Wikipedia)