Skrywersaanhaling van die week – 4 Mei 2020

Marita van der Vyver (6 Mei 1958 – ), Afrikaanse skrywer van romans, novelles, jeug- en kinderboeke. Sy woon in Frankryk, maar besoek Suid-Afrika gereeld:

“Ek glo geluk word gemeet in oomblikke, nie in weke of maande nie. Daarom kan ek selfs op die saaiste, treurigste dag ’n intense oomblik van geluk belewe. Dit lê gewoonlik opgesluit in alledaagse sensualiteit – kleure, klanke, geure, smake, teksture. Metafisika en ingewikkelde letterkundige tekste kan my diep bevredig, maar dit kan my nooit so intens gelukkig laat voel soos die reuk van reën op droë grond of die stem van ’n geliefde in my oor nie.”

(Bron: LitNet, 2014-05-18)

“Dis die nuwe normaal dié. ’n Staat van aanhoudende dankbaarheid.”
(Bron: LitNet Kwarantynketting, 2020-03-30)