Skrywersaanhaling van die week – 6 April 2020

“Historici raak dikwels so verlief op die onderwerp waaraan hulle werk dat hulle verlei word om alles wat hulle daaroor vind in die skryfstuk op te neem. Die belangrikste ding van enige boek is wat jy uitlaat om die boek meer verteerbaar te maak en wat jy insit om dit boeiender te maak.” – Hermann Giliomee (4 April 1938 – ), bekroonde skrywer, redakteur, samesteller, akademikus. Hy is veral bekend vir sy boek Die Afrikaners: ’n Biografie, wat ook as ’n TV-reeks verwerk is.

(Bron: LitNet, 2018-06-12)