Skrywersaanhaling van die week – 7 Desember 2020: Pirow Bekker, Riana Scheepers, Corlia Fourie

“Skryf is ’n voortdurende onvrede met die tevredenheid. Daarom is dit half jammer ’n skrywer is net een maal in hierdie wêreld. Ek sê altyd ’n mens moet drie lewens hê: om te lewe, om te lees, om te skryf.”

Petrus Jakobus (Pirow) Bekker (9 Desember 1935 -), Afrikaanse digter; skrywer; literêre kritikus.

(Bron: LitNet, 2017-06-07)


“Daar is een ding wat ek nie kan verduur nie, nie van enige mens óf van myself nie, en dit is om lewend dood te wees, om gevrek te leef. Daar is soveel dinge wat ek nog nié weet nie, wat ek nog moet ontdek – niks is so wonderlik soos ’n nuwe ontdekking, ’n nuwe ervaring nie.” 

Riana Scheepers (9 Desember 1957 -), gewilde Afrikaanse skrywer; digter; storieverteller; samesteller; geleentheidspreker. Sy  ontvang verskeie toekennings vir haar skryfwerk, onder meer die ATKV-Prosaprys, FAK-prys, Eugène Marais-prys en die ATKV-Kinderboekprys.

(Bron: Rooi Rose: https://www.rooirose.co.za/riana-scheepers-passievolle-storiemaker/; LitNet: https://www.litnet.co.za/author/riana-scheepers/)


“Ek voel baie sterk oor die Afrikaanse taal. Dis die taal waarmee ek gemaklik voel en waarin ek alles kan sê wat ek wil.”

Corlia Fourie (11 Desember 1944 -), skrywer van dramas, kinderboeke, kortverhale en romans. Sy het ook verskeie toekennings vir haar werk ontvang.

(Bron: LitNet, 2019-10-17)