Skrywersaanhaling van die week – 7 September 2020: Joan Hambidge en Kleinjan van Bruggen

“Dig is ’n vertaalproses van die onbewuste wat alles berg, wat orals aanwesig en nêrens sigbaar is nie, dog uitkom in ’n gedig. Soms melancholies, soms woedend.”

Joan Hambidge (11 September 1956 – ), bekroonde digter; skrywer; rubriekskrywer; akademikus; uitgesproke literêre kritikus; ewige reisiger.

(Bron: LitNet, 2020-04-07)


Klim na die grys lug bowe,
Waar die son in die miste kwyn.
Want o, ek verlang na die velde,
Na die ewige sonneskyn. (Uit: “Heimwee”)

J.R.L. (Kleinjan) van Bruggen (15 September 1895-9 Mei 1948), Afrikaanse digter, skrywer, dramaturg, onderwyser, dosent, uitgewer. Hy is die digter van die bekende “Heimwee” wat deur S. le Roux Marais getoonset is.

’n Dubbel-CD met 40 toonsettings deur Marais is by Kraal Uitgewers beskikbaar. Besoek die aanlyn winkel by www.kraaluitgewers.co.za

(Bronne: Nuwe FAK-sangbundel, 1966; Wikipedia)