Skrywersaanhaling van die week – 8 Junie 2020

“My lewensmotto is: Moenie doodgaan voor jy dood is nie. Daarom wil ek nie ophou om dinge te doen wat vir my lekker is nie.” – Verna Barbara Robertson Vels (13 Junie 1933-21 Augustus 2014), bekende skrywer van kinder- en jeugverhale; radio- en televisiepersoonlikheid; stemkunstenaar; joernalis.

Sy het ook baanbrekerswerk gedoen met die ontwikkeling en vestiging van die televisiediens in Suid-Afrika. Haar roemryke loopbaan het baie hoogtepunte gehad en sluit talle prestige-toekennings in. Volgens die ATKV was Verna Vels ’n ikoon in die Afrikaanse kultuurlandskap wat diep spore getrap het in vele Afrikaanse en ander huishoudings. Haar geliefde Liewe Heksie is volksbesit en die karaktertjie leef steeds voort in die harte van oud en jonk.

(Bron: LitNet, 2014-09-03)