Skrywersaanhalings van die week – 24 Februarie 2020

“Poësie is ’n eensame besigheid, maar dit het die vermoë om mense nader aan mekaar te bring en om hul wesenlike verwantskap te bevestig.”

Elisabeth Françoise Eybers (26 Februarie 1915 -1 Desember 2007), veelbekroonde Afrikaanse digter en deel van die Dertigers. Sy het ook in Engels, Nederlands en Duits gedig, en later jare in Nederland gewoon.

(Bron: ATKV/LitNet-skrywersalbum, 2015-02-25)


“Om te dig is veel meer as terapie. Dis intellektueel bevredigend. Dis dikwels ’n spel met jouself, jou eie vermoëns, jou taal. Jy toets die taal, jy kyk hoe ver jy kan gaan daarmee.”

Daniel Johannes Hugo
(26 Februarie 1955-), Afrikaanse digter, vertaler, samesteller en redakteur met talle publikasies en toekennings op sy kerfstok. Hy is ook bekend as radio-omroeper en stemkunstenaar.

(Bron: ATKV/LitNet-skrywersalbum, 2020-01-08)