Soek saam na Kraal Uitgewers se versteekte Paaseiers!

Inperking maak dinge taai – en dit verstaan ons. Maar daar is altyd rede om bietjie pret en plesier te hê. ’n Regte egte soektog na versteekte Paaseiers is dalk ietwat buite die kwessie, maar nie by Kraal Uitgewers nie. Snuffel rond, hou jou oor op die grond en volg die spoor, wie weet wat jy dalk kan raaksnuffel.

Kraal Uitgewers bied vanaf Vrydag 10 April tot Maandag 13 April ’n opwindende skattejag. Vind die versteekte Paaseiers op ons webblad en jy staan die kans om jou mandjie propvol te pak (teen slegs ’n fraksie van die prys). Versteekte eiers sluit in afslagkoepons wat jy op enige Kraal-produkte van jou keuse kan spandeer; en die kans om GRATIS versending vir jou Kraal-bestellings te ontvang.

Hoe werk dit?

 

Die eier kan op enige bladsy van ons webblad versteek wees. Kyk uit vir hierdie eier en volg die instruksies wat daarby geplaas is om jou eier op te eis. Bepalings en voorwaardes geld. Afslagkoepons slegs geldig to einde April 2020. 


Kennisgewing: Kraal Uitgewers poog nie om met die aanbied van hierdie skattejag enigsins afbreuk te doen aan die ware godsdienstige betekenis van hierdie tydperk nie en vertrou dat alle Kraal-ondersteuners ’n ware, geseënde Paasfees sal hê.