Spreekwoord van die week – 1 Junie 2020

Wyn in die man, wysheid in die kan.

As iemand dronk is, kan ’n mens nie wysheid by hom verwag nie. (Letterlik as die wyn in die man ingaan, dan gaan die wysheid uit en in die kan in, waar daar ruimte daarvoor gemaak is.)

(Bron: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom)