Die sieke dra die gesonde. Die minderbevoorregte help die bevoorregte/’n Swak persoon ondersteun ’n sterke.
(Ontleen aan ’n dierefabel van Jakkals en Wolf. Jakkals gee voor dat hy geslaan is en oorreed Wolf – wat ellendig voel nadat hy amper doodgebyt is deur die honde – om hom op sy rug te dra.)
(Bronne: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom; Wat praat jy! Afrikaanse idiome, gesegdes en vaste uitdrukkings met verklarings)